ROOIKAPPIE en die Wolf is op Saterdag 16 Oktober te sien by die Ou Meul-teater om 10:00.
Dié sprokie, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig en selfs een of twee verskynings op die verhoog maak as Faktotum Fourie.
Soos in die sprokie (natuurlik) dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem en dan verdwaal sy in die bos. Hier kom sy Dolf, die woeste wolf teë, wat haar én haar siek ouma as ‘n middaghappie wil geniet.
Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056.