DIE jaarlikse konsert wat deur die Paarl Bel Cantokoor en die Bethel Congregational kerkkoor gereël word, vind plaas op Sondag 17 Oktober om 18:00 in die Bethel Kerk.
Agt kore uit verskillende kerkgenootskappe in die Paarl sal deelneem. Die program, wat hoofsaaklik uit koorsang bestaan, sluit ook instrumentale en vokale solo’s in en sal afgerond word deur die massakoor.
Vir meer inligting, skakel die organiseerder, David Samaai, by 021-862-1917. Kaartjies (R20) is beskikbaar by koorlede.