Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vlugvoetiges in aksie

Vlugvoetiges in aksie
 
2010-10-21


BOLAND se voorste klub Sewesspanne meet eerskomende Saterdag kragte in Wellington, vir die jaarlikse Boland Sewestoernooi by Boland-stadion.

Na afloop van dié toernooi sal 24 spelers gekies word vir deelname aan ’n interprovinsiale Sewestoernooi op 5-6 November te Florida Park.

Klubspanne wat eerskomende Saterdag hul vlugvoetigheid ten toon gaan stel is Napier, Rangers (Bredasdorp), Robertson, Proteas (De Doorns), Roses United (Wellington), Wellington Rugbyklub, Delicious (Ceres), Hamlet, Samoa (Moorreesburg), Piketberg, Velddrif en St Helenabaai.

Die span wat as die algehele kampioen gekroon word, sal R5000 prysgeld in die sak steek. Die naaswenner (verloorder in die finaal) sal R3000 prysgeld ontvang.

Die wenner in die Plaatfinaal sal R1500 wen en die verloorder in die Plaatfinaal sal R500 wen.

Alle klubs moet Saterdag 11:00 by die Boland-stadion aanmeld, waartydens die program aan die klubs voorsien sal word.

Alle wedstryde sal op die hoofveld van die Boland-stadion beslis word.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za