’n PAARLSE firma, Ecycle, bied op Saterdag 6 November vanaf 09:00 tot 14:00 ’n spesiale herwinningsdag waar alle soorte elektroniese afval gratis ingelewer kan word.
Enige item wat stukkend is - of dit met batterye werk of in die muur ingeprop word - is e-afval. Dit wissel van huishoudelike items tot rekenaars.
In Suid-Afrika word tussen 300 en 400 miljoen elektroniese items jaarliks weggegooi, waarvan minder as 20% herwin word.
Deur e-afval te herwin, kan jy bydra tot die welstand van moeder natuur!
Lewer jou ongewenste elektroniese items af by Ecycle, Rectanglestraat 12, Huguenot. Vir navrae, skakel 073-323-8610.