Kla oor polisie se dienslewering
2010-10-21
KLAGTES oor dienslewering deur polisiebeamptes in die Carterville en New Rest gebiede by Wellington, kan Woensdag 27 Oktober by ’n vergadering gemaak word. Die vergadering, om 19:00 in die Colibri- saal, word deur die polisie gereël en is daar sodat inwoners hul stem kan dikmaak, indien nodig. Meer inligting is beskikbaar by a/o Marchell Rhode by 021 864 8456.
More
News
|