Wen pryse met jou rok
2010-10-21
PAARL POST bied vanjaar ’n Matriekafskeidrok-kompetisie aan, waarin meer as R10 000 se pryse gewen kan word. Die inskrywingsvorm is vandag op bl 15 en die kompetisie sluit op 29 Oktober. Lewer ’n vollengte-foto saam met die inskrywingsvorm en inskrywingsgeld (R50) by Paarl Post, Newstraat 1A, Paarl (langs Virgin Active) af. Skryf jou naam, skool se naam en jou telefoonnommer agterop die foto. Paarl Post plaas op 4 November alle foto-inskrywings, waarna lesers kan stem vir die wenner op die SMS-lyn 37405 (koste R2 per SMS). Die ses rokke met die grootste aantal sms-stemme gaan deur na die finale ronde en op 11 November kan lesers weer stem vir die finale wenner, wat op 18 November aangekondig word, met twee naaswenners.
More
News
|