OP 29 en 30 Oktober hou VGK Immanuel hul jaarlikse basaar op die kerkterrein.
Basaargangers kan uitsien na talle stalletjies met lekkernye soos koeke, kosse, spookasem en nog vele meer om van te kies en te keur. Daar sal ook vermaak vir die jongspan wees met ’n springkasteel, glybaan, mini-krieket en ‘game centre’.
Die Vrydag om 19:30 word Immanuel’s Got Talent gehou en die Saterdag word die finale ronde om 12:00 gehou.