LAGNES is op Woensdag 27 Oktober om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Lagnes is gesonde improvisasie komedie vir die hele gesin, die hond, die kat en die goudvis wat dryf in sy bak. Die vertoning is geskoei op die gewilde TV-reeks, “Whose line is it anyway”. Wat jy dus op die verhoog sien, dink die Lagnes Monsters net daar uit.
Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, so die gehoor se idees word deurentyd ingewerk om dinge interessant te maak.
Die sleutel tot Lagnes se sukses, is uniekheid. Geen vertoning van Lagnes is ooit dieselfde nie, en is definitief ’n moet vir jou lagspiere. Enigiets kan en sal op die verhoog gebeur, dit hang alles van die gehoor, af.
Kaartjies (R50) kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n epos na vtemmet@gmail.com.