HUGUENOT VGK, in samewerking met die WKOD en plaaslike sekondêre skole, beoog om vanjaar weer ’n spesiale kerkdiens vir matrikulante, studente, ouers en opvoeders te hou Sondag om 09:45 in die Huguenot VGK in Klein Drakensteinweg.
Die matriekeksamen is ongetwyfeld die belangrikste eksamen wat ’n leerder moet aflê. Die kerk het besluit om nie neutraal te staan teenoor die leerders wat in hierdie tyd onder geweldige druk verkeer nie.
Alle matrikulante is welkom.
Ds Averell Rust sal tydens die diens as prediker optree en die bekende sangroep Adagio sal ’n sangitem lewer. Kontak Ivor Collins by 083-346-3889 vir navrae.