Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musikale reis met Mathys Roets

Musikale reis met Mathys Roets
 
2010-10-21


DIE bekende Mathys Roets is Dinsdag (26 Oktober) aan die sing op die planke van die Ou Meul-teater.

Die vertoning begin om 20:00.

Roets is hard aan die werk, energiek en entoesiasties en sy program vir die res van die jaar is propvol.

En die plattelanders sal bly wees om te verneem dat hulle nie afgeskeep word nie!

Die lang man met die meesleurende stem is veral bekend vir sy besonderse vertolking van musiek van Koos du Plessis en Leonard Cohen, maar hy laat ook reg geskied aan die immergewilde klanke van Cat Stevens, Neil Diamond en Roger Whittaker.

Daar sal ’n mengelmoes-program aangebied word met van sy mooiste nuwe liedjies en van die ou gunstelinge.

Sy warm stem en die begeleiding van Matthys Maree, een van die beste musikante in die land, is ’n wenkombinasie.

Kaartjies (R80) kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za