Leerders vaar uitstekend
2010-10-21
Devidean Moses
WENNERS. Damian Franke (links), Odwa Ntenqa en Matthew Lesh van Pauw Gedenk Primêr het onlangs uitstekend tydens die Maths Cami Speed Challenge se finale ronde in George gevaar. Tydens die kompetisie moes leerders wys hoeveel gerekenariseerde somme hulle korrek kan doen binne 400 sekondes. Odwa het almal se asems weggeslaan met meer as 600 somme en het ‘n eerste plek daarvoor behaal. Damian was tweede met die 500 somme wat hy kon beantwoord. Matthew het ook sy eerste plek verseker met meer as 600 somme wat hy gedoen het. Ongeveer 7000 leerders het in die graad 1 en 2 groepe deelgeneem
More
News
|