Leerders is aangewys as wenspan
2010-10-21
STORMERS BPK is aangewys as die wenspan van die Graad 12 Rekeningkunde-klas van Hoërskool Gimnasium Paarl se aandele-kompetisie. As deel van ’n beleggingsprojek het hulle aandele-portefeulje 12,2% gegroei teenoor die JSE se algehele indeks se 2,89% groei van Februarie tot einde Augustus vanjaar. Van links is Marnelle Kotze, Dawid Botha (Indequity Capital Managers), Hanje Niehaus, Lizellle Borcherds (onderwyser) en Laurèn Koegelenberg. Indequity Capital Managers bied jaarliks dié kompetisie aan en beloon die wenspan met ’n kontantprys. Agtien spanne het vanjaar deelgeneem.
More
News
|