Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete presteer reeds aan begin van nuwe seisoen

Atlete presteer reeds aan begin van nuwe seisoen
 
2010-10-28


DIE seunspan van Hoër Jongenskool Paarl en die meisiespan van Paarl Gimnasium het Dinsdagaand onderskeidelik as die spanbekerwenners van die veld gestap na afloop van die Seshoekige Atletiekbyeenkoms wat by die Brugstraat-sportterrein plaasgevind het. Dié byeenkoms is deur Hoërskool La Rochelle aangebied.

Die beste seunsatleet by dié byeenkoms was Ruan Brits van Hoër Jongenskool wat die o.14 hamergooi-item met ’n afstand van 44,88m gewen het, met Tamryn Cupido (Hoër Meisieskool Paarl) wat die o.17 verspring met 5,31m gewen het en as die beste meisieatleet aangewys is.

In die verskillende ouderdomsgroepe het die spanne soos volg presteer: Seuns o.14 - Paarl Gimnasium, Dogters o.14 - Paarl Gimnasium, Seuns o.15 - Hoër Jongenskool Paarl, Dogters o.15 - La Rochelle, Seuns o.17 - Paarl Gimnasium en Dogters o.17 - Paarl Gimnasium.

Paarl Gimnasium se seunspan was algeheel tweede met Hoër Landbouskool Boland derde. In die meisiesafdeling was La Rochelle tweede en Hoër Meisieskool Paarl derde.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za