Waar is my hond?
2010-10-28
’n PAAR pragtige honde wat waarskynlik deur hul eienaars gesoek word, is tans by die DBV op Wellington.
Die honde is in baie goeie kondisie gevind en het waarskynlik hul pad terug huis toe byster geraak. Dit sluit in ’n worshond en ’n huskie. Enigiemand wat hul diere vermis, word gevra om eerste die DBV te kontak (Wellington 021-864-3726, Paarl 021-863-2720). Bewys van eienaarskap sal gevra word voor die uitkenning van enige dier.
More
News
|