Polisiereservis aangekla van bedrog
2010-10-28
’n VOORMALIGE kaptein van die Paarl polisiereserviste, George Solomons, het onlangs in die Paarl Streekhof verskyn op sewe aanklagte van bedrog. Volgens die klagstaat het Solomons na bewering tydens sy dae as reservistekaptein studente wat hul geskrewe en praktiese eksamens gedruip het, laat herskryf. Maar dié keer, word daar beweer, het Solomons saam met die eksamenvraestel vir hulle kopië van ’n voltooide vraestel gegee waarop al die antwoorde korrek aangedui is. Dus het die studente die vraestelle eenvoudig afgeskryf en met vlieënde vaandels geslaag met 100%. Die uiteinde van die debakel is dat talle onbevoegde polisiereserviste steeds tans gewapen op straat is. Streekhoflanddros Patrick Ross het die saak uitgestel tot 1 Februarie 2011 vir verdere getuienis.
More
News
|