Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skuldige verdwyn ná ongeluk

Skuldige verdwyn ná ongeluk
 
2010-10-28

Lise Beyers

NADAT ’n jong motorfietsryer Saterdagaand ernstig beseer is toe ’n motor op die N1 hom getref en weggejaag het, is die voertuig twee dae verlate daar naby aangetref.

Karel Knörr was Saterdagaand onderweg vanaf Kuilsrivier na die Paarl om die jaarlikse Oktoberfest van die Duitse Klub by te woon.

Volgens sy pa, Paarliet Robert Knörr, het ’n stilstaande motor wat op die geelstreep gestaan het, skielik begin ry en voor hom ingeswaai naby die Paarl.

Karel het beheer oor sy Harley Davidson motorfiets verloor en het ernstige beenbeserings opgedoen. Sy linkerelmboog is ook gebreek. Hy is na die Paarl MediClinic geneem waar daar op sy been geopereer is.

Intussen het Robert Maandagoggend weer besoek afgelê by die ongelukstoneel op die N1, oorkant Simonsvlei. Toe hy die toneel verlaat, het hy op ’n verdagte motor naby die ongelukstoneel afgekom wat ooreenstem met die beskrywing wat sy seun vanuit die hospitaal aan hom gegee het.

“Die syspieël waarmee die motor waarskynlik vir Karel getref het was stukkend en ek kon sien dat die krapmerke langs die motor afkomstig is van sy motorfiets.”

Die polisie is na die toneel ontbied en hulle het vasgestel dat die motor nie gelisensieerd is nie en die battery binne die enjin blyk die eiendom te wees van die Kaapstad Munisipaliteit.

Die motor is ’n gryskleurige VW Jetta GLX. Nadat Robert by verskeie oorde navraag gedoen het, het hy inligting ontvang dat die motor gereeld in die omgewing van Klein Drakensteinweg in Paarl-Oos opgelet is. Die registrasienommer is CF 118124.

Enigiemand wat Robert kan help om die bestuurder van die motor op te spoor, kan hom skakel by 082-380-4400.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za