MEVROU, jy het ’n probleem met ’n ma wat haar kind aan ’n harnas aan die arm vasmaak en vergelyk dit met ’n hondehalsband.
Hierdie harnasse is baie spesifiek ontwerp vir hulle doel – naamlik om kinders veilig te hou en vryheid van beweging te gee.
Wat sal jy verkies - dat die kind wegraak/seerkry en net nog ’n statistiek word in ons toenemende onveilige wêreld?
Ek is self ’n ma van twee baie woelige kinders en my dogter is amper in die Mall gegryp deur ’n vreemde man.
Gelukkig het my kind kopgehou en onmiddellik losgeruk en geskreeu.
Het jy al gesien hoe vinnig kan kleuters wegraak veral in ’n besige winkelsentrum?
Ek haal my hoed af vir daardie ma. Sy het duidelik haar kind lief en probeer alles om haar veilig te hou.
So volgende keer as jy ’n kind se harnas met ’n hondehalsband vergelyk, dink bietjie hoe kosbaar ’n kind is en dat dit ons as ouers se plig is om hulle ten alle koste veilig te hou.
Elize Hartzenberg