Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroumense......eish!

Vroumense......eish!
 
2010-10-28


SOMS is die mansgeslag se onvleiende kritiek oor ons vroue se swak bestuursvermoë seker geregverdig.

Dit wil voorkom of daar sekere vroue is wie se breine tot stilstand kom sodra hulle monde oopgaan. Dit was weer duidelik die geval verlede Vrydag in Auretstraat, Paarl.

Aan die twee onbedagsame kletskouse wat die verkeer laat ophoop het tot in die Hoofstraat (die skuldige was geparkeer op ’n rooi sperstreep en het ’n ingang geblokkeer) - neem tog jou mede-padgebruiker in ag.

Sekere van ons beoefen ’n beroep en het nie heeldag tyd om te klets nie.

Dit geld ook vir die dame wat met haar 4x4 reg in die middel van die straat stilgehou het om haar bloedjies op te laai, terwyl almal maar geduldig moes wag. Hulle sal niks oorkom om ’n paar ekstra treë verder te stap nie.

Nee, ek het nie ’n slegte dag gehad nie, ek is miskien net keelvol vir die mensdom se eiegeregtige uitkyk op die lewe.

Jou Naaste




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za