ONS wil graag die publiek daarop wys dat die Arendsnes Straatkindprojek in Wellington, wat tans onder die vaandel van die ACVV val, eersdaags sluit.
Hoewel dienste aan gemeenskapslede op dieselfde perseel verskaf word, val dienslewering aan die kinders tans onder Marchané Janeke (ACVV maatskaplike werker) en Koela Peterson (versorger) wat kos maak en hulle besig hou.
Almal wat Hoofstraat 83 gebruik en daar woon, is kennis gegee om teen einde Oktober die perseel te ontruim.
Die projek ontbind dan en word verwys na die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, en die betrokke kinders na die maatskaplike werkers van hul onderskeie areas.
Arendsnes, ook bekend as die Wellington Kinderprojek, word ontbind omdat geen fondse of gebou verder beskikbaar is vir hul gebruik nie.
Die gemeenskap moet asseblief nie skenkings gee aan mense wat hulself voordoen as Arendsnes nie.
Vir navrae, kontak my by 021-873-2204.Marchané Janeke (ACVV Wellington