ONS as die plaaswerkers van die plaas Montana in Courtrai, Suider-Paarl, wil ons dankbaarheid uitspreek teenoor die kopers van die plaas, wat daar wil ontwikkel. Anders as baie ander plaaswerkers was ons baie bevoorreg - ons is met groot sensitiwiteit hanteer nadat ons afgelê is in 2008 met die verkoop van die plaas.
Daar is namens die nuwe eienaars met ons onderhandel deur prokureurs van Durbanville, wat baie mooi gekyk het na ons, en ons gevoelens in ag geneem het.
Om alles te kroon spog elkeen van hierdie gesinne nou met ’n eie huis in die dorp wat vir ons aangekoop is deur die nuwe eienaar.
Dit het eintlik soos manna uit die hemel vir ons gekom - ons is diep dankbaar.Regina Frans en Abie Davids