Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisiehond sleg behandel by vertoning

Polisiehond sleg behandel by vertoning
 
2010-10-28


MET groot feestelikheid het die SA Polisiekollege onlangs sy 20ste bestaansjaar gevier. Die publiek is die Saterdagoggend heerlik vermaak deur die polisiehonde se vernuf en om versteekte plofstof en dwelms uit te snuffel.

Wat 地 teleurstelling was dit egter nie toe 地 mank hond op die veld verskyn en sy eerste toertjie was om deur 地 brandende ring te spring.

Ek vermoed, as gevolg van sy besering, was hy nie in staat om die gevaarlike toertjie foutloos te doen nie en hy het die ring getref.

Die ring het op hom geval, hy het probeer wegkruip, maar die ring was te swaar en hy het dit (steeds brandend) saam met hom op sy rug gesleep.

Terwyl die hanteerder blykbaar gewag het dat die hond homself moet verlos, het die reuk van gebrande hare ons met afsku vervul.

Na 地 hele paar minute is die hond tog verlos, maar daar is van hom verwag om die toertjie te herhaal. Hy het geweier.

Hy is na die polisiebakkie begelei, en het sy agterlyf gesleep. Hy is nie deur die hanteerder ondersoek nie, is ook nie water aangebied nie, maar agter in die bakkie geboender.

Hoekom 地 reeds beseerde dier gebruik vir so 地 toertjie?

Hoekom moet daar sulke toertjies wees - dis mos nie 地 sirkus nie?

Elsa JordaanLuit/kol Jan Louw, hoof van die K9-eenheid Boland (polisiehonde-eenheid) reageer: Die hond in kwessie is afkomstig vanaf Worcester en is vooraf fiks verklaar vir die roetine. Ongelukkig het sy poot die ring getref, maar ek kan die versekering gee dat die hond geensins ernstig beseer is nie. Hy is deur 地 veearts ondersoek en is weer fiks verklaar. Ons honde verrig 地 uiters belangrike taak en as ons nie baie mooi vir hulle sorg nie, dan gaan hulle hierdie taak nie verrig nie. Hulle is soos familie vir ons.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za