DIE Wellington Sakekamer se jaarlikse dinee word op 5 November by Provence aangebied in samewerking met die AHI Wes-Kaap.
Dié dinee word hierdie jaar voorafgegaan deur ’n kongres wat op dieselfde dag deur die AHI Wes-Kaap aangebied word by Le Bac Estate.
Alle belangstellendes en persone uit die sakegemeenskap is welkom om dit by te woon.
Kongresgangers sluit onder meer in verteenwoordigers van die Afrikaanse Handelsinstituut (Nasionaal en Provinsiaal), verteenwoordigers van die onderskeie sakekamers in die Wes-Kaap, vooraanstaande eregaste en sprekers in die sakegemeenskap.
Daar is ’n beperking tot 100 persone wat die kongres kan bywoon en om teleurstelling te voorkom sal besprekings so gou moontlik deurgestuur moet word. Die koste beloop R300 per kongresganger en sluit eet- en drinkgoed in.
Die koste van die aandfunksie beloop R180 per persoon en die drag is formeel. Kaartjies vir die geleentheid is beskikbaar by Mattelo, Kerkstraat 25, Wellington of stuur epos na attie@wellingtoninfo.co.za.
Vir meer besonderhede, skakel met Attie Barnard by 082-853-2827 of Krige de Waal by 072-725-8899 of stuur ’n epos na attie@wellingtoninfo.co.za