Boland Kollege, met kampusse in Stellenbosch, Paarl, Worcester, Strand, Caledon en Kleinmond, gaan in 2011 weer die gewilde N4-N6 Nasionale Sertifikaat-programme aanbied.
Dit is nie net goeie nuus vir die groot aantal studente wat reeds aansoek gedoen het nie, maar ook vir die studente wat nog nie hul keuse gemaak het nie.
Die programme sluit in boerderybestuur, sport- en bemarkingsbestuur, finansiële bestuur, bemarkingsbestuur, menslike hulpbronbestuur, toerisme, sekretariële studies, ondernemingsbestuur, gasvryheid- en spysenieringsdienste.
Voorlopige aansoeke sluit binnekort. Doen aansoek by enige van die Boland Kollege kampusse of besoek www.bolandcollege.com vir inligting en om aansoekvorms af te laai.