Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kelder se glans gevier met waterblommetjiepot

Kelder se glans gevier met waterblommetjiepot
 
2010-10-28


DIE florerende produksiespan by Windmeul Kelder het die afgelope jaar puik presteer met verskeie pryse vir sy wyne. Die kelder se wynverkope het die afgelope twee jaar aansienlik gestyg terwyl die maandelikse plaasmark nou ’n gevestigde item onder kos- en wynliefhebbers is.

Die Windmeul Shiraz Reserve 2008 is deur verskeie panele hoog aangeslaan met onder meer ’n Goud Veritas Toekenning, vier sterre en in die top 10 van die WINE tydskrif Shiraz Challenge en in die top 10 van die Paarl Shiraz Challenge (asook die Windmeul Shiraz Reserve 2009).

Ander toekennings in 2010 sluit in die SA Kampioentrofee vir Cabernet Sauvignon by die SA Jongwynskou, asook keuring as die Beste Produsent 2010 by die Winemakers’ Choice Wynkompetisie, met diamantoekennings vir drie wyne.

Windmeul was ook die wenner van die Paarl Chenin Blanc Challenge, hulle het weer ’n finaliswyn in die Absa Top 10 Pinotage-kompetisie en hulle produseer die Kampioenwyn in die Paarl-streek by die Paarl Jongwynskou.

“Ons is baie tevrede met die groei van die plaasmark en die vele toekennings in al die wynkompetisies die afgelope twee jaar. Ons sukkel nou om voor te bly met voorraad,” sê Danie Marais, hoofbestuurder van Windmeul.

Hierdie glansryke jaar gaan deeglik gevier word by die tweede Windmeul Waterblommetjiefees en Potjiekoskompetisie op 6 November by die kelder.

Dit val saam met die dertiende Windmeul Plaasmark en bied ’n uitsonderlike wyn- en koservaring in ’n plattelandse atmosfeer.

“Waterblommetjies blom net ’n sekere tyd van die jaar ná die winter en geregte gemaak van hierdie unieke Kaapse kossoort word by die fees verkoop.

“Dit is soos wyn, snoek en biltong deel van ons kultuur hier in die Boland. Dit is nie net ’n blom nie, maar ’n smullekker groente in veral ’n bredie en sop. Dit is ’n Kaapse ervaring wat jy moet koester.”

Die twee potjiekoskompetisies wat deel is van die Windmeul Waterblommetjiefees bestaan uit waterblommetjie-potjiekos en enige ander potjiekosgereg. Altesaam 25 spanne neem deel. Musiek is ook deel van die fees en die musikante Andriëtte Norman en Pietman Peter Mitchell tree op. ’n Wyntent en kontantkroeg is ’n bonus.

Vir meer inligting, skakel 021-869-8100 of besoek www.windmeulwinery.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za