Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-telbord

Krieket-telbord
 
2010-10-28


REËN HET EERSTE SÊ Paarl-Oos se eerstes en derdes se wedstryde het die afgelope naweek nie plaasgevind nie as gevolg van die eendeweer wat die speeloppervlaktes onspeelbaar gemaak het, maar die tweede span se boulers het gemaai onder Darling se kolwers en met 7 paaltjies gewen.

Darling kon slegs 135 (almal uit) aanteken met Llewellyn Sedgwick (6,4-1-27-4), Kirshnan Oosthuizen (9-0-24-3) en Enrico Appolis (8-1-20-2) as die beste boulers. In Paarl-Oos se kolfbeurt het die 17-jarige Keagen Petersen (63 6x4) en Edrich Cook (34) stewig vertoon.

) PEOPLES TROEF HERMANUS

Die SRRadiators Young Peoples Krieketklub se eerste krieketspan het Saterdag vir Hermanus in ’n wegwedstryd met 11 lopies geklop. Peoples kolf eerste en behaal 191/8 in 45 boulbeurte. Vir die Tiere het Wade October (74, 3x4) en Lorenzo Jacobs (29, 3x4) goed gekolf. Die tuisspan word beperk tot 181/7 in 45 bb.

) BERGRIVIER VERLOOR MET 1 LOPIE

Bergrivier I het Saterdag sy wedstryd oor 45 boulbeurte teen Worcester United met 1 lopie verloor.

Die tuisspan kon eerste gebruik maak van die kolftoestande en het ’n kompeterende telling (188/7) vir die Wellingtonners gegee om te jaag. Fabian Arendse (3/32), Ryan Mouton (3/43) en Waylon Libbie met ’n ekonomiese boulskof van 9-5-10-2 het moedig vir die tuisspan probeer.

Bergrivier se paaltjies het gereeld gekantel en hulle kon geen momentum kry nie. Slegs Arendse (56, 7x4), Marquin Julies (29, 6x4) en Mouton (27, 3x4) kon hond haaraf maak teen Worcester.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za