Visse reeds met vakansie
2010-10-28
DIE Paarl Varswater-hengelklub se tweedelaaste kompetisie van die jaar het onlangs by Theewaterskloofdam plaasgevind, maar die visse was beslis met vakansie, want slegs vier van die 17 hengelaars het sukses behaal. ’n Sterk dwarswind heel oggend het sake ook nie makliker gemaak nie. Paul Greyling (jr) het die beste gevaar vir die dag met vyf visse. Sydney Diedericks was 2de met twee visse en Daniel Vosloo 3de met een vis. David Kotze was die ander hengelaar wat suksesvol was, ook met een vis. Diedericks is steeds die algehele voorloper met 455 punte. Hy word gevolg deur Greyling (jr) met 450 punte en Vosloo in die derde plek met 406 punte. Magriet van Eck is die voorloper onder die dames met Emile Saayman die junior voorloper.
More
News
|