Roses dra nou ook seweskroon
2010-10-28
BOLAND se Sewesrugby-kampioen vir 2010 is Roses United, nadat hulle Saterdag al wat ’n opponent is, in die stof laat byt het op die Boland-stadion. In die proses het die Rose ook die prysgeld van R5000 ingepalm. Met spelers soos Cornal Hendricks en Brendon April op hul allerbeste vir die Rose, kon geen span met die manne van Wellington saamgesels nie. Selfs in die finaal teen Robertson, het Roses United op ’n drafstap met 54-15 gewen. Robertson het R3000 gewen as naaswenners van dié toernooi. In die plaatfinaal het Proteas met Wellington Rugbyklub afgereken (40-12) om R1500 te wen, terwyl Wellington R500 ontvang het.
More
News
|