Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong gimnas maak skoonskip

Jong gimnas maak skoonskip
 
2010-10-28


WEER EENS het Logan Lawrence (10), ’n gimnas van die Wynland Gimnastiekklub en ’n leerder van Laerskool Gimnasium, haar bewys as ’n gimnas met ’n besondere talent en baie deursettingsvermoë.

Logan drink, eet en slaap behoorlik gimnastiek en met die SA Federasiekleure agter haar naam, word sy welverdiend aangewys as Let’s Play se sportster vir Oktober.

Sy het haar vanjaar onderskei as ’n uitstekende gimnas wat baie belofte toon. Sy het deelgeneem aan drie verskillende dissiplines van gimnastiek en elke keer skoonskip gemaak.

In die Boland Artistiese Kampioenskappe in vlak 5 (o.10) kompeteer sy teen al die ander klubs in die Boland om aan die einde van die dag as die Boland-kampioen aangewys te word met ’n algehele eerste plek.

Logan neem ook aan die mini-trampolien junior elite-afdeling deel asook die groot trampolien vir junior elite. Hierdie is ’n ope-afdeling vir gimnaste tot en met 12, maar dié 10-jarige atleet het glad nie teruggestaan nie.

In mini-trampolien sowel as groot trampolien neem sy die goue medalje.

Sy word opgeneem in die Boland-span en neem deel aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Bellville. Spanne van WP, SWD en Boland kompeteer hier teen mekaar om te kwalifiseer en opgeneem te word in die span wat na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria kan gaan.

In artisties neem Logan weer eens die algehele goue medalje en op mini-trampolien en groot trampolien neem sy goud. Weer word sy beloon met drie goue medaljes.

Net voor die September-vakansie word sy opgeneem in die Wes-Kaapspan wat na Pretoria gaan om teen die land se top gimnaste deel te neem. Omdat sy ’n goeie kans staan om vir die sonespan te kwalifiseer wat na afloop van die SA’s gekies word, besluit haar afrigterspan om haar te onttrek aan die mini-trampolien asook groot trampolien.

Tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verower sy ’n goue medalje op vloer, brug en balk asook ’n algehele goue medalje wat haar dan die SA kampioen in hierdie afdeling maak.

Sy word opgeneem in die pre-junior span vir die Sone 6 kampioenskappe wat in Desember in Zimbabwe plaasvind waar hulle teen ses Afrikalande gaan deelneem.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za