Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2010-10-28


* Cansa. Vrydag om 09:00 word ’n Cuppa vir Cansa-teeparty gehou by die Rivierplaas Opleidingsentrum. Koste is ’n donasie vir ’n koppie tee en ’n stukkie koek. Barbara Williams sal praat oor borskanker en demonstreer hoe om ’n bors-selfondersoek te doen. Bespreek by Lani by 021-864-1717.
* Nóg ’n Cuppa vir Cansa-teeparty word gehou by Huis Vergenoegd Vrydag om 10:30. Daar gaan gratis koffie en koek gegee word, ’n spreker sal praat oor kanker. Donasieblikke sal op die tafels wees wat aan Cansa oorhandig sal word.
* Reünie. Bergrivier Hoërskool se matrieks van 1980 hou op 6 November hul 30-jaar reünie. Kontak Nico Mettler by 082-498-4130.

) Weltevrede Sekondêr se matrieks van 1990 hou op 13 November hul 20-jaar reünie. Kontak Michael by 079-453-7879 of Olivia by 083-651-9885.
* Dans. Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou ’n dans op 5 November by Noord-Eind Laerskool met die damesorkes, Hanepoot Korrels, onder leiding van Tish Loubser. Kaartjies is R30 vir lede en R40 vir nie-lede. Kontak Ciceel Wentzel by 083-346-7083.
* Byeenkoms. Die Jehovah Getuies se streeksbyeenkoms word hierdie naweek gehou by Faurestraat-stadion, Paarl.

Op Vrydag skop die verrigtinge om 09:00 af. Die klem van die program sal wees op geestelike versterking. Toegang is gratis en geen kollektes sal geneem word nie. Daar word ’n beraamde 3500 mense oor die naweek verwag.
* Bonsai. Senior lede van die Boland Bonsai Kai sal Saterdag om 09:00 by die ateljee van die Botaniese Tuin op Stellenbosch verslag lewer oor ’n uitgebreide boomtoer in China. Besoekers is welkom en kostes sal R20 wees. Bring probleem-bome saam. Vir navrae, bel Marie-Louise by 082-715-0856.
* Blommeklub. Die Paarl Blommeklub vergader Dinsdag 2 November om 19:00 in die saal van die NG Kerk Drakenstein te Denneburg, Paarl. Dit is die jaarafsluiting en behels ’n heerlike aand met aandete en vermaaklikhed. Skakel Farieda Essop 021-862-2237 of Pieter Coetzee 021-872-5171.
* Praise and Worship. The Anglican Church of the Annunciation Paarl invites the community to join their praise and worship service on Sunday 31 October at 17:30. The preacher is Reverend Titus Daniels. Contact John Luvan at 071-868-4048 for more information.
* KN. Oud-studente en oud-onderwysers van KN kuier Saterdag vanaf 12:00 saam by die skool.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za