TUINLIEFHEBBERS het op Dinsdag 2 November om 10:00 weer die geleentheid om met die doyen van tuinmaak deur haar tuin op die plaas Old Nectar te wandel en te deel in haar kennis en entoesiasme.
Die merkwaardige Una van der Spuy (98) sal ná afloop van die toer tee op die stoep bedien en verder gesels. Bespreek by Gail by 021-887-2816. Kaartjies (R75) is ten bate van Kindersorg Stellenbosch.