PAARL POST bied vanjaar ’n Matriekafskeidrok-kompetisie aan, waarin meer as R10 000 se pryse gewen kan word. Die inskrywingsvorm is vandag op bl 12 en dit sluit op 29 Oktober.
Van die pryse op die spel is ’n R1000 geskenkbewys van Paarl Mall, Paarlberg BMW gee toebehore van R1500, Convenient Fitness gee ’n geskenkbewys van R250, ’n fotosessie saam met Deonie Swanepoel Photography (R800), pedikuur (R175) en mini-manikuur (R95) van Paarl Skin, ’n geskenkbewys van Wellington Osoonkliniek (R180), ’n haarsalon-bederf (R250) van La Papillon, lingerie ter waarde van R1300 van Treasure Chest, ’n behandeling ter waarde van R220 van Winelands Endormologie en ’n ete vir twee van Proviant ter waarde van R350.
Daar’s ook ’n bederf van Litl Kansas, Curves Wellington gee aan 11 meisies elk ’n geskenkbewys van R300, Dis-Chem gee vier geskenkbewyse weg, MiniMax gaan fliekkaartjies weggee, Paarl Mall Wimpy gee verskeie geskenkbewyse en Pampurr gee vir vyf meisies elk ’n sonbed-sessie (R185 elk).
Deelnemers moet ’n goeie kwaliteit vollengtefoto saam met die inskrywingsvorm (wat weekliks verskyn) en inskrywingsgeld van R50 by Paarl Post, Newstraat 1A, Paarl (langs Virgin Active) kom aflewer. Sorg dat jou foto agterop gemerk is met jou naam en die naam van jou skool asook jou telefoonnommer. Die inskrywings sluit op Vrydag 29 Oktober om 14:00.
Paarl Post plaas op 4 November alle foto-inskrywings, waarna lesers kan stem vir die wenner op die SMS-lyn 37405 (koste R2 per SMS).
Die ses rokke met die grootste aantal sms-stemme gaan deur na die finale ronde. Dié foto’s word op 11 November geplaas, waarna lesers weer kan stem vir die finale wenner, wat op 18 November aangekondig word, met twee naaswenners.
Een gelukkige sms-stemmer ontvang die Paarl Post vir ’n jaar gratis, en die wenner se skool wen ’n gratis advertensie ter waarde van R3 000.