Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vuurvegters terug op Wellington

Vuurvegters terug op Wellington
 
2005-10-06


WELLINGTON het weer ’n voltydse brandweerdiens.

Dié nuus kom skaars ’n week nadat ’n motorhuis in Cummingsstraat afgebrand het terwyl dit brandweerspanne 25 minute geneem het om ná die eerste noodoproep op die toneel te kom.

Elize du Plessis het vertel hoe sy minute lank moes aanhou vir die Wellington munisipale skakelbord (873-1121 - ook die nommer vir die dorp se brandweer).

Daar is met ondersoek vasgestel dat daar met die noodoproep getalm is aangesien die munisipale telefoon dié dag deur ’n tydelike werknemer beman is.

Daar was toe ook ’n probleem met radio kommunikasie na die brandweerwa wat op Wellington gestasioneer is.

Dié voertuig was op daardie oomblik met spesiale diens besig, om ’n swembad by Huis Murray vol water te pomp.

Die prosedure indien Wellington brandweerstasie se personeel nie
onmiddellik bereik kan word nie, is dat die Paarl brandweer gekontak moet word.

Die aflos-telefoniste het nie dadelik by die brandweerstasie in die Paarl alarm gemaak nie.

Toe die Paarl om 12:15 die oproep ontvang het, het hulle onmiddellik die Mbekweni substasie in kennis gestel, en voertuie van dié twee persele was onderskeidelik vyf en vyftien minute later op die toneel.

Dit het die brandweermanne tien minute geneem om die vuur in Cummingsstraat onder beheer te kry.

Van Maandag af is daar weer ’n substasie op Wellington wat voltyds, op ’n 24-uur rotasiebasis, beman sal word.

Op die perseel is ’n groot brandsweermasjien wat toegerus is vir enige struktuurbrand asook ’n kleiner bakkie vir grasbrande.

Mbekweni en Paarl spanne sal steeds op bystand wees.

Daar word nou ondersoek ingestel na ’n onafhanklike nommer vir Wellington, sodat die gebruik van die munisipale skakelbord uitfasseer sal word.

’n Sentrale nommer vir noodoproepe in die Paarl, Mbekweni en Wellington - 872-2323 - sal binnekort in gebruik wees.

* Wellington has its own full-time fire brigade again.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za