SÊ nou maar almal wat besig is om hul kaste leeg te maak van klere, skoene, beddegoed, handdoeke en ander goed wat “onbruikbaar” geraak het, skenk dit aan een of ander organisasie wat dit kan gebruik?
Gee maar die ou handdoeke aan die DBV, en gee die ou klere en beddegoed aan die nagskuiling of vat nagklere en toiletware na die polisie se traumakamer. Vind maar uit wat die gestremdes dalk kan gebruik soos lappies, wol en dalk daardie ou naaimasjien of rekenaar.
Sê nou maar almal begin regtig omgee vir hul medemens en elkeen doen elke dag sy allerbeste om die wêreld ’n beter plek te maak? Ansie Borman