DIE MTN Varingfees, ’n jaarlikse Afrikaanse musiekfees, vind van 5 tot 6 November plaas by Brackenfell Hoërskool.
Verskeie gewilde kunstenaars soos Theuns Jordaan, Nicholis Louw (5 November), asook Bok van Blerk en Kurt Darren (6 November) sal feesgangers vermaak met hul gewilde liedere.
Daar is ook kinderproduksies soos Lollos en Wielie Walie en ’n groot musiekkompetisie vir duo’s, trio’s en “bands”, asook baie ander vermaak en kosstalletjies.
Kaartjies is R100 (Vrydag) en R120 Saterdag (skoliere betaal R50/R60 en gratis vir voorskoolse kinders).