Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wielie Walie in Paarl

Wielie Walie in Paarl
 
2010-11-04


DIE bekende kinderteaterstuk Wielie Walie is terug! Sarel Seemonster, Karel Kraai en Bennie Boekwurm is hier met lekker stories, grappies en liedjies op Woensdag 10 November om 19:30 en Donderdag 11 November om 09:00.

Op vrolike wyse word daar geleer hoe om te deel en lekker saam met jou maatjies te speel.

Karel Kraai, Sarel Seemonster en Bennie Boekwurm is baie bly dat die eensame Kwaggatjie Wagga Wagga Kwag by hulle kom woon het. Daar word gesing, gedans, geleer en grappies gemaak. Bennie Boekwurm vertel splinternuwe stories! Dit is nog ’n vars skepping uit die pen van Louise Smit en dit word alles opgevoer deur Dúlinda Pieters en haar toneelgroep EnterActive & Blatant Produksies.

Kaartjies is R50 by Vicky Stemmer (083-564-0056).

) Op Saterdag 13 November word die skreeusnaakse Aspoestertjie in die Ou Meul-teater opgevoer om 10:00.

Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare stiefma en dié se twee aaklige dogters. Gelukkig is Faktotum Fourie weer op die toneel om te help dat Aspoester by die bal uitkom.

En ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet. Stiefma word ook uitsorteer, maar wat haar lot is, sal gehore moet kom kyk. Die akteurspan bestaan uit Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman. Kaartjies is R40, skakel (083-564-0056).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za