DIE eerste Bollemakiesie-fees by die Breytenbach-sentrum bied musiekproduksies van hoogstaande gehalte op Wellington in die week van 8 to 13 November.
Die bekroonde liedjieskrywer-sanger, Arno Carstens, tree Vrydag 12 November om 20:00 by die Breytenbach-sentrum op.
Kaartjies is R120 en kan bespreek word by Magdel Kemp by 072-115-2913 of teater@breytenbachsentrum.co.za.
) Saterdag 13 November volg ’n opvoering van Tucan Tucan om 19:00. Hulle bied ’n kaleidoskoop van Afrika en Suid-Amerikaanse klanke.
Die musikante – van Suid-Afrika, Argentinië en Mosambiek – sorg vir dié eiesoortige musiek waarop mens nie anders kan as om saam te dans nie. Kaartjies is R50.
Morné Meyer, wat die musiekskool Making More Music uit die Breytenbach-sentrum bedryf, sal vir Tucan Tucan open.
Deur die loop van Saterdag 13 November (11:00 tot 16:00) sal plaaslike groepe soos die Wellingtonse Brass Band, Amabhulu!, die Mbekweni Black Bafanas en die klopse te sien wees. Toegangsgeld vir die dag is R10 en sluit ook ’n kinderfees, stalletjies en vele ander aktiwiteite in.
Vir die volledige program, kontak 021-873-2786, info@breytenbachsentrum.co.za of besoek www.breytenbachsentrum.co.za.