Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uit die dood gesleep

Uit die dood gesleep
 
2005-10-06

Malané Bosman

HY het probeer om sy voete op te tel, maar hy kon hulle nie beweeg nie. En toe slaan Albert Mbembe bewusteloos neer in ’n koelkamer in Daljosafat.

David Claasen, ’n toesighouer by Cold Harvest in Oos-Boschstraat, het Vrydagoggend die oop koelkamerdeur gesien en ingeloer.

“Albert het plat op die vloer gelê. Sy oë was wit omgedop en om sy mond was dit spierwit. Ek het gedink hy’s dood,” het David later gesê.

Albert, ’n skoonmaker by die vrugteverkoelingsonderneming, het nie besef die koelkamer is nog vol stikstof gepomp toe hy Maandagoggend met sy skoonmaakgoed ingestap het nie.

“’n Mens ruik nie die gas nie en ek was so twee meter in, toe voel my kop deurmekaar.

“Ek het probeer loop, maar ek het bly stilstaan. Ek kon nie beweeg nie. En toe val ek om, agtertoe.”

Albert het eers later bygekom. Hy weet niks van die drie toesighouers wat sy lewe gered het deur hom na veiligheid te sleep
nie.

David het skaars die bewustelose Albert aan sy voete beetgekry, toe hy ook dronk gevoel het.

“Ek het begin steier, toe kruip ek uit.”

Op daardie oomblik het Adam de Vries en Henry Matthews by die koelkamerdeur verbygestap.

“Daar was nie tyd vir maskers nie. Daar is ’n bord wat sê binne 30 sekondes in hierdie gas is jy ’n lyk. Ons moes die man uitkry,” het
David gesê.

“Die stikstof laat vrugte langer hou, maar vir ’n mens is dit doodsake,” kan hulle nou weer glimlag.

Daar is ná die voorval met ’n departementele ondersoek gevind dat daar nalatigheid was.

* Two workers were saved from death in cold storage.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za