Inskrywings oop vir fietstoer
2010-11-04
INSKRYWINGS vir Die Burger-fietstoer op Stellenbosch op Sondag 5 Desember is nou oop. Dit is die laaste keuringswedren vir die 2011 Cape Argus Pick n Pay-fietstoer. Die begin- en eindpunt van die fietstoer, die tweede grootste in die Wes-Kaap, is by die Hoërskool Stellenbosch in Jannaschstraat (vanaf Merrimanstraat). Die 15km pretrit is perfek vir families met jong kinders (daar is geen ouderdomsbeperking nie). Die fietstoer sluit ook die langer 44km en 98km roetes vir meer ervare fietsryers in. Besoek www.dieburgerfietstoer.co.za en volg die maklike instruksies om in te skryf. Inskrywings sluit 22 November of sodra die perk op deelnemers bereik is. Inskrywings is beperk tot 4500 (98km); 1500 (44km) en 400 (15km) op die drie verskillende roetes.
More
News
|