Sportdagboek
2010-11-04
RUGBY * Laer Paarl Rugbyklub se bekerfunksie wat in die vorm van ’n piekniekdans aangebied word, vind op 12 November om 19:00 by die Huguenot-gemeenskapsaal plaas. Die toegang is R80. Vir meer besonderhede, kontak Alfred Arendse by 084-902-5759. * Paarl Rangers hou op 8 November om 19:00 sy jaarvergadering by Ebenezer Primêr. Kontak die sekretaris by 072-617-6318 vir meer inligting. * Young Peoples bied op 14 November ’n gholfdag (4BBB Stableford) by die Wellington Gholfbaan aan. Die koste is R150 per speler. Navrae by George Buziek by 083-522-6438. * Op 28 November bied die Laer Paarl Rugbyklub ’n gholfdag (4BBB Stableford) by die Wellington Gholfklub aan. Die koste is R150 per speler. Navrae by Alfred Arendse by 084-902-5759. * Roses United hou op 6 November om 19:00 hul afsluitdans in die Wellington stadsaal. Die kaartjies kos R60. Navrae by Rupert Apollis by 083-497-5542. * Villagers Newton bied op 6 November vanaf 09:00 ’n familiedag by die Newton sportgronde aan. Dié klub se bekerfunksie word op 27 November (19:00) by die Groenheuwel Primêre Skool aangebied. Die koste beloop R70. Vir meer inligting, kontak Hilmar Pietersen by 083-607-3058 of John Malgas by 082-096-9769. * United Stones Rugbyklub bied môre-aand om 19:00 ’n dans aan by Twoshots. Vir meer inligting, kontak Abraham Mentoor by 021-873-1307. * Evergreens RVK se jaarlikse afskeidsfunsie vind plaas op 13 November by die Drakenstein Laerskool. Vir meer inligting en kaartjies, kontak 072-457-1211 of 078-657-6806. ) KRIEKET * Drakenstein Edu se eerste span pak die onvoorspelbare SpesBona op Laborie, en sal op sy beste moet wees om die omgesukkelde Stellenbossers onder te kry. Drakenstein II meet kragte met Coronation II op die CPUT-ovaal, terwyl die derdes na Kraaifontein reis vir sy wedstryd teen Easterns III. * SRRadiators Young Peoples is in ’n derby-stryd gewikkel eerskomende Saterdag teen Paarl Krieketklub op die Parysvelde. * Bergrivier Krieketklub oefen Maandae en Dinsdae om 17:00 op die klubvelde en Woensdae en Donderdae (17:00) by die St Albans Skoolveld. * Bergrivier I speel op 7 November, weg teen Darling. ) ROLBAL * Paarl Rolbalklub nooi nuwe lede en belangstellendes om in te skakel. “Tabs In” is Maandae, Woensdae en Saterdae om 14:00. Kontak 071-136-5405 of 021-872-7831 vir meer besonderhede. ) MARATHON * The Peninsula Marathon (Sunday 20 February) returns to traditional route for 2011. The marathon will start in Green Point, near the World Cup stadium. Runners will also be pleased to know that the registration and number collection will take place at two venues – one in the Southern Suburbs and one in the Northern Suburbs. For more information, contact 021-511-7130 or visit www.topevents.co.za. * Die 33ste Mr Price Wynland-marathon en halfmarathon vind vanjaar plaas op 20 November. Die begin- en eindpunt is weer by die Markötter Sportgronde op Stellenbosch. Atlete kan inskryf by www.mrpricesport.co.za of by enige Mr Price winkel in Suid-Afrika. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag 11 November. Kontak vir Hans Hugo by 072 -290-8179 vir meer inligting. ) SWIMMING * Die Paarl Aquarius Swemklub se aktiwiteite het reeds begin by die Drakenstein swembad. Vir meer besonderhede, skakel vir Nazli Gaidien by 073-184-9627. ) 4X4 Die volgende 4x4 Extreme Challenge byeenkoms word op 20 November vanaf 08:30 by die De Hoop Steenwerwe gehou. Die toegang is R40 (R15 per kind). Vir meer inligting, kontak 083-725-4140. ) DOWES HOU SPORTFUNKSIE Die Western Cape Deaf Sport Federation hou op 19 November hul jaarlikse sportfunksie by die Paarl de Villa en vir meer besonderhede, skakel met StephanieLotz@wfs.co.za ) GESTREMDES VERGADER Die Boland Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes vergader op 9 November (Dinsdag) om 19:00 by die Bolandpark Tennisklubhuis in Worcester. Enige gestremde persoon wat by die klub se aktiwiteite wil inskakel, is welkom om die vergadering by te woon. Skakel vir Avril Farao by 023-342-3770 of bolandsapd@lantic.net vir meer besonderhede. ) AFLOS-ATLETIEK Laerskool Courtrai bied op 11 November (17:00) hul jaarlikse aflos-atletiekbyeenkoms aan op die HJS-velde in Brugstraat, waaraan sewe laerskole deelneem. Die deelnemende skole is Klein Boishaai, Klein Gim, HMS, Hugenote, William Lloyd, Drakenstein en Courtrai.
More
News
|