Krieket-telbord
2010-11-04
PAARL-OOS WEN. PAARL-OOS se eerstes het die afgelope Saterdag met 3 paaltjies teen Coronation I geseëvier. Coronation het eerste gekolf en 87 lopies aangeteken waarop Paarl-Oos met 89/7 geantwoord het. Lee Irven Alexander (31 4x4) het die beste met die kolf gevaar. Paarl-Oos se beste boulers was Dennis November (5-2-8-2), Alexander (5-0-24-2), Waylen September (7.5-2-23-2) en Wayne Minnies (4-0-9-3). Paarl-Oos II het die onderspit gedelf teen Wellington II. Paarl-Oos het 195 lopies vir 9 paaltjies aangeteken waarop Wellington die totaal verbygesteek het met nog 6 paaltjies staande. Paarl-Oos se beste kolwers was Bjorn Hollenbach (46 7x4), Llwellyn Sedgewick (38 2x4), Justin Pietersen (20 1x4) en Chris Bruinders (26 2x4 1x6). Hulle beste bouler was Dale Uys (5-1-26-2). Paarl-Oos III het korte mette gemaak met Brackenfell III in Sondag se wedstryd. Brakenfell kon 110 lopies (almal uit) aanteken waarop Paarl-Oos se derdes die totaal verbygesteek het met nog 8 paaltjies staande. Hulle beste kolwers was Ricky Pietersen (31 4x4) en Keagen Pietersen (43 n.u.n. 6x4). Hulle beste boulers was Zyradien Fredericks (6-1-20-3), Glen Wilson (6.1-1-23-4) en margum Goliath (5-0-22-2).
More
News
|