Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moord in lang gras

Moord in lang gras
 
2005-10-06

Malané Bosman

’n GESIN van die Paarl is in rou. Hul dogter het Saterdagaand saam met vriende uitgegaan, en nooit teruggekom nie.

Sondagoggend het ’n stapper die half-naakte liggaam in lang gras teen die Greenfields woonbuurt in Daljosafat ontdek.

Jolene Pietersen (19) van Nkukulekostraat 102 is in die middernagtelike ure verkrag en keel-af gesny.

Die nuus het soos ’n veldbrand versprei en binne minute was die bosse en grasbedekte damwal oortrek met geskokte ouers en
kinders van die omgewing.

Inwoners het onder mekaar gemor oor die digbegroeide grond en besluit dat daar werk gemaak sal moet word daarvan om die grond skoon te maak.

“Die moordenaars moet nie toegelaat word om hier rond te sluip nie,” het hulle gesê.

“Jolene was so ’n lieflike meisie. Met haar kon ek gesels as ek moeg is,” het haar ma, Dorothea, hartseer gesnik.

Jolene is Saterdagaand oudergewoonte saam met twee meisievriende by die huis weg om te gaan kuier.

“Sy het nooit huis toe gekom nie, maar ons het nie toe onraad vermoed nie,” het haar ma gesê.

Dorothea is vroeg Sondagoggend na Robertson en was reeds weg toe die liggaam kort voor agtuur in die gras onder ’n bloekomboom gekry is, skaars 200m van haar ouerhuis.

Haar vriende het later gesê dat hulle haar in die loop van die aand vermis het.

“Sy sou hierdie week in ’n nuwe restaurantwerk ingestap het,” het haar pa, Aubrey, gesê.

“Sy het sulke mooi maniere gehad.”

Jolene word benewens haar ouers ook oorleef deur haar susters en broers Charon (27), Christopher (22), Camalita (13) en Mark (8).

’n Roudiens word Saterdag om 11:00 tuis en om 12:00 in die Annunciation Kerk in Paarl-Oos gehou.

’n Beloning word deur die polisie aangebied vir inligting wat tot ’n suksesvolle arrestasie sal lei. Inligting kan vertroulik gegee word aan speurhoof supt Jason Cyster of die ondersoekbeampte, insp Elton Abrahams (807-4000).

* Nog drie mense het hul lewens verloor aan moordenaars in Paarl-Oos die naweek.

Paulina Plaatjies (38) van Chester Williams plakkerskamp is Sondagnag tydens ’n rusie met haar vriend, Pom Cowie (25), verwurg.

Lena Abrahams (45) van Fairyland is Saterdagnag met ’n mes in die bors gesteek toe sy tydens ’n onderonsie tussenbeide getree het. Alfred Mapesa (25) is in hegtenis.

Cecil Adams (37) van Magnoliastraat 163, het Saterdagoggend in die hospitaal gesterf nadat hy die vorige nag met ’n skerp voorwerp gesteek is. Sy vrou Valencia (33), is in aanhouding.

* A teenage girl has been raped and murdered 200m from her home in Dal Josaphat.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za