Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


’n Plek van hoop vir haweloses

’n Plek van hoop vir haweloses
 
2010-11-04

Devidean Moses

“ONS help mense om hulself te help met die vaardigheid en kennis wat hulle opdoen, sodoende verbeter hul selfbeeld.”

So sê Terence de Jongh, voorsitter van Paarl Haven Nagskuiling en ondervoorsitter van die Wes-Kaapse nagskuilingorganisasie.

Die Paarl Haven Nagskuiling is reeds die afgelope 20 jaar in Ambagsvalleistraat geleë en dien as ’n skuiling vir hawelose mense. Dit is een van die vele organisasies wat begunstigdes is van die Paarl Post se Kersfonds-insameling.

Hulle huisves alle haweloses. Dit sluit ook pensionarisse in wat staastoelaes ontvang.

Die Haven huisves tans 120 mense waarvan 75% werkloos is. Hulle ontvang drie maaltye per dag, ’n warm bed, wasgeriewe en maatskaplike ondersteu ning.

Die organisasie poog om straatmense te rehabiliteer en hul selfbeeld op te bou, sodat hulle kan terugkeer na die gemeenskap.

“Dis ’n tydelike huisvesting sodat ons hulle weer terug kan kry by hul families,” sê Eugene Zwaan, bestuurder van die nagskuiling.

Die inrigting word 24 uur deur die personeel beman en verskillende kerke word uitgenooi om inwoners geestelik op te voed. Praatjies oor dwelms, Vigs en middelafhanklikheid word weeksaande vanaf 18:00 aangebied.

Geletterdheidsklasse word ook aangebied vir diegene wat wil leer, asook vaardighede soos die maak van bakstene, tuinbou en kralewerk.

Die Nagskuiling soek ook vir hul inwoners werk in die tipe vaardighede wat hulle aanleer.

“Ons wys niemand weg van die skuiling nie, maar help deur die verblyf vir die eerste vyf dae te subsideer.

“Maar as daar iemand is wat in die nood is, sal ons vir die persoon die hek oopmaak en hulp verleen. Die toesighouer aan diens sal die persoon voorlopig inlaat en die maatskaplike werker sal die volgende dag die persoon evalueer vir amptelike toelating,” sê Terence.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za