DBV besoek plase
2005-03-24
DIE DBV Paarl het ‘n nuwe mobiele kliniek aangekoop met loterygeld waarmee plase besoek word. So word gepoog om die troeteldiere van mense wat nie vervoer na die dorp se veeartse het nie, te versorg.
‘n Veearts en sy assistent voer ook sterilisasies uit, om die oorbevolking van troeteldiere te verhoed (geborg deur Joy Cargill Balletskool).
Te veel babahondjies word gebore en word nie ingeënt en ontwurm nie, en so versprei siektes na ander diere en na mense ook.
DBV personeel lig mense ook in oor hul verantwoordelikheid teenoor hul diere.
Saron en Gouda word ook nou een maal per maand besoek. Vir meer inligting, kontak Linda of Cindy by die DBV 863-2720.
More
News
|