Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beskuldigde 'was bevrees'

Beskuldigde 'was bevrees'
 
2010-11-04

Liezl Dyson

DIE 20-jarige Luzane Hendricks, wat aangekla word van die moord op Reagan Wessels, het onlangsgetuig dat die slagoffer ’n vuurwapen op hom gerig het en dat hy hom uit vrees vir sy lewe, gesteek het.

Hendricks word daarvan beskuldig dat hy die 18-jarige Wessels op 17 April vermoor het.

Hendricks het getuig dat hy agter sy oupa se groente- en vrugtestalletjie in Klein Drakensteinweg besig was om pampoen te sny, toe hy hoor hoe iemand op hom vloek.

“Toe ek omkyk, toe sien ek dit is Reagan Wessels en sy twee maatjies, Fabian Green en Diego Snyders. Reagan het ‘straight’ na my toe geloop en Fabian Green en Diego Snyders maak die groente deurmekaar.”

“Met dié gryp Reagan my met sy linkerhand aan my regterskouer en die woorde wat hy uiter is ‘vandag gaan jy vrek’.

“Soos hy my aan die skouer het, begin hy my te slaan met sy vuis en hy ruk my van die blou stoeltjie af waar ek gesit het.”

Volgens hom het hy kort daarna gesien hoe Snyders iets in Wessels se hand sit, maar dat hy nog nie geweet het wat dit is nie.

“Toe gee hy my ’n klap dat ek nie weet waar ek is nie. Met dié haal Reagan ’n vuurwapen uit sy regtersy en toe sê ek vir my oupa ‘Derra gee pad, hy het ’n gun’ en met dié steek ek vir Reagan.”

Hy het vir Reagan gesteek omdat hy geglo het dat sy lewe daardie tyd in gevaar was. Hy het weggehardloop en aldrie het hom agternagesit voordat Wessels in die pad neergesak het.

Hendricks se oupa, Lukas Hendricks, het getuig hoe Wessels vir Luzane aan die skouer gegryp en hoe die “houe geval” het.

Hy het nie ’n vuurwapen gesien nie. Hy het wel getuig dat Hendricks vir hom gesê het dat Wessels ’n “gun” het.

Die saak is uitgestel.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za