Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brand-seisoen is hier

Brand-seisoen is hier
 
2010-11-04

Lise Beyers

NOG ’n gesin het onlangs alles verloor in ’n brand in ’n opslaan-huis in Kanariestraat, Amstelhof.

Die brand het vermoedelik ontstaan toe ’n onbemande oop vlam omgeslaan het. Al die besittings in die woning is tot as verbrand.

Jaarliks word honderde lewens verwoes wanneer brande wonings, besittings en selfs lewens eis.

Operasionele brandweerhoof van Drakenstein Munisipaliteit, Dereck Peceur, het gesê dat dít ’n tipiese voorbeeld van nalatigheid is wat tot verwoesting lei.

“Soos wat temperature styg, word die gemeenskap meer nalatig. Ons vind dat kerse en paraffienstowe aan die brand gelos word terwyl mense buite ronddwaal.

“’n Ander oorsaak van huisbrande is ook dikwels kragproppe wat oorlaai word met elektriese toestelle. Dit oorverhit dan die bedrading of toestel wat lei na ’n huisbrand.

“Die onwettige koppeling van krag vanaf oorhoofse bedrading lei dikwels ook tot brande.”

Die brandweer maan dus die publiek om uiters versigtig te wees met enige oop vlamme, asook elektrisiteit.

“Oop vlamme moet nooit onbeman gelaat word nie en enige vuur moet ook goed geblus word voordat die terrein verlaat word.”

Vanaf 15 November tot 15 April mag geen oop vure gemaak word nie, behalwe braaivleisvure in beheerde gebiede.

) In munisipale gebiede word grondeienaars versoek om hul erwe te alle tye skoon te hou. Oorgroeide erwe veroorsaak oorlaste en kan die brandgevaar vererger. Grondeienaars wat nie hul erwe skoonmaak nie, sal in kennis gestel word dat die munisipaliteit dit sal doen, maar op die eienaar se koste. Rapporteer oorgroeide erwe by 021-807-4715.

* With summer quickly approaching, the public is warned that the fire season has started.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za