Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog ’n krisis tref Hugenote Kollege

Nog ’n krisis tref Hugenote Kollege
 
2010-11-04

Lise Beyers

DIE struikelende Hugenote Kollege is in nog ’n krisis gedompel, met die skielike uittrede van hul rektor, prof Johan Viljoen.

Prof Viljoen is sedert die einde van 2007 aan die leisels by die kollege, en moes sedertdien verskeie krisisse hanteer.

Eers was daar die verwoestende brand wat die historiese Huis Cummings in puin gelê het, en meer onlangs die dreig-ende sluiting van die kollege.

Vroeër vanjaar het die donker wolke oor die kollege begin saamtrek, met die bekendmaking dat die Departement van Hoër Onderwys hul akkreditasie wat met die Universiteit van Stellenbosch (US) beoog was, afgekeur het.

Die rede hiervoor is dat HK ’n private instelling is en die huidige hoër onderwysbeleid maak nie voorsiening vir vennootskappe tussen so ’n instelling en ’n openbare instelling van onderwys nie.

Die antwoord hierop sal eenvoudig klink, met die ontbinding van die kollege as private instelling. Maar die direksie het tot dusver versuim om werk te maak hiervan.

In ’n kort verklaring verlede week vanuit die kantoor van die voorsitter van die Direksie, ds Willie van der Merwe, word daar eenvoudig gemeld dat prof Viljoen die kollege einde Oktober verlaat het en dat prof Naas Swart (vise-rektor) sal waarneem totdat die direksie op 15 November vergader wanneer besluit sal word oor ’n waarnemende rektor.

’n Direkteur van HK, dr Dawie Ferreira, het by navraag gesê dat die kollege ’n sterk kandidaat nodig het wat met ‘oorgawe en energie’ die kollege vorentoe kan lei met ’n daadwerklike sakeplan vir die toekoms.

Hy het bygevoeg dat soos die situasie tans staan met die Departement van Onderwys, sal die kollege nie volgende jaar eerstejaarstudente kan aanvaar nie, maar dat hulle wel steeds hul deure oop hou tot 2012, sodat derde- en vierdejaarstudente hul studies kan voltooi.

“Die moontlikheid dat die kollege in ’n private tersiêre instelling omgeskakel kan word, word nie uitgesluit nie.

“Dit is wel nie ’n ideale oplossing nie, want hiermee gepaard gaan hoër studie-kostes weens die afwesigheid van staatsubsidies.

“Maar ons is toegewyd daaraan om die pad vorentoe te vind waarby alle betrokkenes baat sal vind.”

En alhoewel die direksie van die kollege volhou dat prof Viljoen uit vrye wil uit diens getree het, meen senior akademici dat hy uit diens gestel is, en nie bedank het nie.

* The woes of Huguenot College have deepened with the departure of their rector, Prof Johan Viljoen.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za