Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man sterf ná huisroof

Man sterf ná huisroof
 
2010-11-04


’n MAN het gesterf glo nadat hy aangerand is na ’n inbraak.

Die polisie het vroeg Sondagoggand op die ernstig beseerde man afgekom in Swartbergstraat, New Rest op Wellington, kort nadat hulle ’n klagte ontvang het van ’n huisroof in dié gebied.

Met hul aankoms by die woning wat geroof is, het hulle op ’n bewustelose man afgekom wat in die pad gelê het.

Ooggetuies op die toneel wou nie sê of die man betrokke was by die huisbraak nie, maar hulle het wel gesê dat hulle gesien het dat hy deur ’n groep mans gejaag is en toe met klippe bestook is.

Hy is per ambulans na Paarl Hospitaal geneem, maar weens die erns van sy beserings is hy oorgeplaas na Tygerberg Hospitaal waar hy gesterf het.

Die identiteit van die oorledene is tans onbekend.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za