Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Duur diewe kry voete

Duur diewe kry voete
 
2010-11-04

Lise Beyers

PLAASLIKE wedvlugduif-boer is vanjaar reeds besteel van duiwe ter waarde van derduisende rande.

Louis Swanepoel (72) van Optenhorststraat, Paarl, se ellende het reeds in Januarie begin toe ’n man by sy deur aangeklop het op soek na duiwe.

“Die man, wat homself Jonathan genoem het, het gesê dat hy weet dat ek ’n kampioen-duifboer is en gevra of ek nie ’n paar duiwe vir hom het nie.

“En daar val ek toe binne ’n strik. Ek het aan hom gesê dat as hy duiwe wil hê moet hy daarvoor werk, en hy was heel gewillig om ’n muurtjie te verf. My vrou het die middag ook vir hom ’n warm bord kos gegee en nadat sy werk klaar was, gee ek vir hom vier duiwe.

“Maar dit was warm en ek het hom ’n geleentheid na sy huis toe gegee. Toe ons in Van der Stelstraat ry by Chicago, vra hy my om hom daar af te laai, want hy wil by die winkel gaan sigarette koop. Dit was toe die laaste sien van hom.”

Dieselfde aan verdwyn daar R5000 se gereedskap vanuit sy motorhuis. Maar die ergste slag moes nog kom: “Twee dae later is 17 van my wedvlugduiwe weg.

“’n Paar dae later het drie van die duiwe wat ek vir Jonathan gegee het, wel teruggekom, maar twee van hulle was in so ’n swak toestand dat ek hulle van kant moes maak.”

So het die tyd aangestap met geen spoor van die duif-dief nie, en Swanepoel het weer begin bou aan sy duif-boerdery.

Maar verlede week het die noodlot weer getref: “Ek kon nie verstaan hoekom van my duiwe buite hul hok rondgedwaal het nie. Toe ek binne die hok gaan kyk, het ek besef dat die dief weer terug was.”

Dié keer is 37 duiwe gesteel, waaronder groot kampioene. Swanepoel skat sy verlies op ten minste R25 000.

“Daar is geen manier dat die dief op sy eie opgetree het nie. Jy kan nie 37 duiwe net so wegdra nie.

“Hierdie duiwe is my groot liefde en ek weet nie onder watter omstandighede hulle nou aangehou word nie.”

Swanepoel is ook oortuig dat die duiwe ver uit die gebied geneem is, want volgens hom sou hulle hul pad huis toe gevind het as hulle in die nabyheid was.

Enigiemand met inligting oor die duiwe kan a/o Hennie Williams skakel by 083-432-5690.

* Racing pigeons valued at thousands of rands have been stolen from a home in Paarl North.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za