Duitse basaar
2010-11-04
DUITSE BASAAR. Op Saterdag 6 November vanaf 09:00 bied die St Petri Lutherse kerk sy jaarlikse gemeentebasaar in die kerksaal in Meulstraat, Paarl, aan.
Dit is ’n egte Duitse basaar met heerlike gebak soos Swartwoudkoek, asook ’n vleistafel, hope kraakvars groente, ’n handwerktafel, boekehoekie, geskenketafel en tombola.
Geniet eetgoed soos bratwurst, schnitzel en artappelslaai, wafels, regte-egte bowle (wynpons) en fassbier.
More
News
|