Dans en karaoke
2010-11-04
’n DANS en karaoke-aand wat groot pret beloof, word op 6 November om 19:00 by Allandale Ontspanningsaal gehou. Fondse wat dié aand ingesamel word sal geskenk word aan die Bolandskool vir Outisme in die Paarl. Lekker pryse kan ook gewen kan word. Almal is welkom en kaartjies (R60, R40 vir kinders) is beskikbaar by die deur. Dit sluit ’n hamburger en slaai in. Bring jou eie drinkgoed.
More
News
|